‘n Nuwe begin

new3

‘n Nuwe begin. Een van die moeilikste stappe om te neem. Daar is ‘n engelse gesegde wat sê “You never know what life throws at you”. En dis so waar. My storie het lank terug reeds begin. Ek moes gereeld ‘n nuwe begin in ‘n nuwe stad/dorp maak. Nou vir die wat my ken sal weet ek is nie sommer iemand wat dadelik begin gesels nie. Ek is die stil een wat altyd eers die kat uit die boom kyk en dan begin lewe in die begin.
Soveel kere het goed al gebeur en het dinge my onkant getref. Ek het ‘n paar jaar gelede geskei en ek onthou nog die dag toe ek met trane gevra het hoe kry ek ma alleen 3 klein seuntjies groot. Hoe maak ek ‘n lewe? Wie sou my ooit vat met 3 kinders en bitter baie bagasie.

new1
Maar die lewe is wonderlik. Die Here skenk aan ons die vermoë om uit elke donker wolk ‘n silwer rand te sien en die beste te maak. Hy dra ons sonder dat ons eers weet ons is in Sy hande.

imagesMJLQ8SFM

‘n Nuwe begin gee geleentheid om ons lewens te hernuwe soos dit aangeteken staan in Klaagliedere 3:22-23 “dit is die goedertierenhede van die HERE dat ons nie omgekom het nie, want Sy barmhartighede het geen einde nie; hulle is elke môre nuut; U trou is groot.” Sy genade is nuut met elke sons-opkoms. Dis beskikbaar elke sekonde van elke dag.

‘The faithful love of the LORD never ends! His mercies never cease.
Great is His faithfulness; His mercies begin afresh each morning.’

new4

ONS HET ALMAL ‘N NUWE BEGIN NODIG:
‘n Nuwe begin beteken nie om te trek nie. Dit beteken nie om alles te los nie. Dis soos kaste skoonmaak. Gooi die negatiewe en ou koeie uit. Praat met jou vriendin wat vir jou kwaad is. Sit dit wat seermaak agter jou. Kyk met nuwe oe na more. Gee God jou probleme en laat Hom toe om in jou hart en lewe in te gryp.

God het meer vir jou, nie net meer van dieselfde nie maar meer van Sy guns, meer van Sy liefdevolle barmhartigheid en meer van sy oorvloedige lewe.

new5

Die moeilikste stap om te neem is daai eerste stap. Ons het nou die geleentheid om te verhuis na Panama. Dit het onverwags op ons pad gekom. Net soos enige ander persoon het ons getwyfel en daar teen geskop. Eendag toe sit ek en ek en my Pa praat. Ek vra Hom om my Sy wil te wys. Die pad wat Hy my wil laat wandel. En binne ‘n paar minute het dinge net begin in plek val. Sonder dat ek enigsins iets kon beplan was dit alles reeds reg. Sy wil was duidelik. Nou is die moeilikste. Die verbintenis tot jou besluit. Dis dan wanneer die duiweltjies op jou skouer kom sit en sê nee dis ‘n fout. Mens twyfel en wonder en wonder nog so bietjie.

Soos ek toe navorsing doen vir my blog kom ek op ‘n baie slim man af en haal graag die volgende aan uit sy raad:
“ NEEM ‘N BESLUIT OM TE VERBIND
• Hierdie is nie ‘n tyd om te ontbind nie.
• Dit is tyd om te besluit om te verbind.
• Ek het onlangs in die golwe op die strand gestaan en die koel lawende water geniet toe ek ‘n helikopter opgemerk het wat al langs die strand reg op my af gevlieg het. Ek het in die golwe gestaan en dit dopgehou terwyl ek gewonder het hoe dit sou voel om so laag oor die strand te vlieg. Toe dit nader kom kon ek die loods sien waar hy na my afgekyk het. Hy het toe vir my gewaai, Sonder om te weifel het ek vir hom terug gewaai. Terwyl ons mekaar erken het, het ek gewonder of die ander mense om my gedink het dat ek mal is, ‘n grootmens wat vir helikopters waai. Maar ek het nie omgegee nie want selfs hierdeur was God besig om my my te praat. God wil hê dat ons, ons met Hom moet verbind.
• Daar is ‘n ou lied met die volgende woorde: Reach out and touch the
Lord as He passes by. You’ll find He’s not too busy to hear your heart’s
cry. He is passing by this moment, your needs to supply. Reach out and touch
the Lord as He passes by!
• Soms is ons so bekommerd oor wat ander mense sal sê. Miskien sal sommiges sê dat ons fanaties is
• Moenie toelaat dat dit jou afsit nie.
• Dit is tyd om met God te verbind.
• Dit is tyd om met die werk van die Here verbind te word.
• Dit is tyd om met Sy gekose instrument, die kerk, verbind te wees.
• Dit is tyd om betrokke te raak.
• Dit is tyd om verbind te raak.
• Dit is tyd om te begin om ‘n verskil te maak en om iets nuuts aan te pak.
• Soos die ratte in ‘n enjin wat bymekaar kom en inmekaar pas en resultate oplewer, is dit tyd vir ons om ons te verbind en ons lewens inmekaar te pas met God, Sy mense en Sy kerk.”

IMG-20180206-WA0001

Ons moet onthou die Here plant ons waar Hy ons wil he. Hy het die saad gesaai en net Sy weiveld is groen. Die Here belowe in sy Psalms dat Hy ons Herder is. Hy sal ons behoed en bewaar. Hoekom moet ons altyd so kleingelowig wees en nie sien wat reg voor ons is nie.

Ja ‘n besluit op verandering en ‘n nuwe begin is nooit maklik nie. Dis moeilik. Bitter moeilik. Maar eending weet ek met my hele hart. Enige besluit gemaak uit geloof is die regte besluit. God slaap nie en Hy sluimer nie. Jou naam is in Sy hand geskryf. Jou pad is deur Hom bepaal. Go with the flow. Hy sal jou nooit laat val nie. As jy veilig in Sy handpalms is kan jy nerens gaan nie. Sy bakkie hand omvou jou, dit beskerm jou en dit dra jou.

Glo in jouself en glo in God. Hy het soveel in jou geglo dat Hy Sy enigste seun vir jou gestuur het. Gee jou lewe vir Hom met ‘n begin van geloof, hoop en liefde.

FB_IMG_1553260359095

Leave a comment