Stilte, donkerte

FB_IMG_1538857067792

Stilte. Donkerte. Nag. Ek dink aan die skepping. Toe alles begin het. Uit niks het die Here die mooiste mooi gemaak. ‘n Paradys vir jou en vir my. In die stilte van die nag kan mens die voeltjies hoor roep. Jou hartklop en asemhaling is musiek in jou ore soos dit vir ‘n pasgebore baba die aanduiding van ‘n veilige hawe is. Sy eerste herinneringe aan mamma is die ritme van haar hart. Die aanvoeling van haar asem.

FB_IMG_1538901422288
As dit so stil en donker is dan wonder mense partykeer watter duiwels draai nou weer onder rond. Gedagtes dwaal in paadjies en gangetjies wat jou slapeloos uit ‘n goeie nagrus hou. Die vrees kan jy voel klou aan jou vel. Alles staan tien vier soos hulle in die weermag sou se.

FB_IMG_1542997611234
Dis nou al dag 14 en ons het nogsteeds nie krag nie. Mens besef nie aldag wat jy het tot jy dit nie meer het nie. Die kleingoedjies gaan verlore en dit wat belangrik was kom weer na vore. Mens begin jou familie weer ontdek. Mens besef en kyk met nuwe oe na jou omgewing, jou mense.

FB_IMG_1541780586750
Gemeenskappe staan saam. Daar is nood. Almal moet help. Daar word nie 2 maal gevra nie en ons is daar. Jou bure wat jy skaars ken word ‘n lewenslyn. Die mense 3 blokke weg word jou vriende en saam staan julle in kameraadskap op teen dit wat jou reg is.
Dan wonder ek. Staan ons op vir ons christelike reg? Ek praat nou op whatsapp met iemand oor geloof en sy se maar sy gaan nie eintlik kerk toe nie want sy het nog nie een gekry waar sy tuis is nie. Wat is ‘n kerk? Dis gebou. Dit se nie wie jy is en waarin jy glo nie. Die vraag is dan maar is dit nie die plek waar jy geestesleiding kry nie? Nee dit kry jy in ‘n diepe gesprek met jou Vader en Sy woord. In daai stil kolletjie of gaatjie waar jy en Hy met mekaar een is. Ons is so geneig om alles te soek op plekke. Waar is my foon? Waar is my pen? Maar waar is jou geloof? Waar is jou hoop?

FB_IMG_1542775200741
Tot jy nie in volle besit is van jou geloof en hoop nie is jy nie volwaardig mens nie. Jou wapenrusting aan jou uitgereik deur God is tot jou beskikking. Hy beveilig jou en jou familie elke dag. Al wat Hy vra is geloof. Vertrou dat Hy weet wat die beste vir jou is.
Ek se weer. Stilte. Donkerte. Die tyd wanneer mens besef hoe broos jy is. Die tyd wanneer jy besef jy is tog nie alleen nie. Met die eerste nuus van 6 weke sonder krag het ons gese daar is nie ‘n manier nie. Toe ek moes skei het ek gehuil hoe maak ek drie seuns alleen groot. Terwyl mens grootword wens jy jy is groot. Boeta tot jy daar kom.

FB_IMG_1539348391818
Alles in die lewe is nie maklik nie. Die pad is ook nie kort nie en nog minder gelyk. Dit lyk meer soos Gauteng se slaggate in Vanderbijlpark. Jy moet mooi ry om daai pothole te mis. Maar as jy gefokus is op jou doel. As jy weet waarheen jy oppad is en jy weet jy staan nie alleen nie belowe ek jou is daai selfde stukkende pad ‘n pad wat rybaar is. Die belangrikste is jou geloof dat jy kan. Jy kan ‘n sukses wees. Jy kan bo uitkom. Jy kan survive en ‘n verskil maak en iets beteken. Dit begin by jou. Spreek dit oor jou en almal uit. Want woorde gee krag. Woorde gee mag. Woorde maak sukses en kweek goeie oeste.
Wees vandag die saadjie wat jy iewers plant. Word vir iemand ‘n blommetjie en as dit moet ‘n onkruid as dit hom op die regte pad sal hou maar blom. Jy is ‘n Christus kind. Jy is kosbaar. Jy is uniek. Stilte. Donkerte. Daal maar neer. Dis hier waar ek myself kan vind en vir jou kan se, ek is ‘n Christuskind en my Pappa is die Here. Niks sal my ontbreek nie. Ek is veilig in Sy arms. Omvou met liefde.

FB_IMG_1539448064874
Stilte en donkerte my nuwe vriend. Jy bring vervulling my beker loop oor. FB_IMG_1540147626957

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s