Jou stukkende hart

IMG-20190326-WA0004

As daar nou een ding is waarna almal strewe is dit liefde. Ons almal wil daai warm gevoel hê van omgee. Ons almal wil ons liefde aan iemand gee. ALMAL WIL LIEFDE HÊ. Geen huwelik, familie of vriendskap kan sonder liefde suksesvol wees nie.
Liefde is nie net soene en seks nie. Dis die taal van die kykie in iemand se oog, die knip k van ‘n vriend se oog, die drukkie van iemand wat sê hulle gee om. Liefde het nie woorde nodig nie. Liefde is begrip. Dis simpatie, empatie en soveel meer. Ongelukkig verstaan nie almal die konsep van liefde mooi nie. Hulle dink dat geskenke, dade ens die betekenis van liefde verwoord. Dis so verkeerd. Liefde is ‘n gevoel. Dis daai warm kol op die krop van jou maag. Die prentjie of gedagte van iemand in jou geestesoog. Dis daai een dingetjie wat ‘n slegte dag omskep in die mooiste mooi.

FB_IMG_1553455370048

’n Mooi beskrywing van liefde is: “Die liefde is lankmoedig en goedhartig. Die liefde is nie jaloers nie, dit praat nie groot nie, raak nie opgeblase nie, gedra hom nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, raak nie ergerlik nie. Dit hou nie boek van die kwaad nie. Dit is nie bly oor onregverdigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit verdra alles, . . . hoop alles, verduur alles. Die liefde faal nooit nie.” — 1 Korintiërs 13:4-8.

FB_IMG_1553441382959

Hierdie liefde “faal nooit nie”, met ander woorde, dit sal vir altyd bestaan. Dit kan selfs sterker word. En omdat hierdie liefde jou help om geduldig en vriendelik te wees en ander te vergewe, is dit “’n volmaakte band van eenheid” (Kolossense 3:14). Al maak ons almal foute, sal ’n mens veilig en gelukkig voel as jou verhoudings deur hierdie band van liefde vasgebind is.

FB_IMG_1553272148381
Ons Pappa het ons so mooi geleer in sy woord: “‘Daarom sal ’n man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en die twee sal een vlees wees’ . . . Wat God dan onder een juk saamgevoeg het, moet geen mens skei nie” (Matteus 19:5, 6). Ons leer ten minste twee belangrike waarhede hieruit:
“DIE TWEE SAL EEN VLEES WEES.” Die huwelik is die intiemste verhouding wat twee mense kan hê, en liefde sal hulle help om getrou aan mekaar te bly. As ’n man of vrou egbreuk pleeg, word hulle dan “een liggaam” met iemand wat nie hulle huweliksmaat is nie (1 Korintiërs 6:16; Hebreërs 13:4). Hierdie ontrouheid kan hulle vertroue in mekaar en dalk hulle huwelik vernietig.

FB_IMG_1553087019694

“WAT GOD . . . SAAMGEVOEG HET.” Die huwelik is ook spesiaal omdat dit van God af kom. As ’n man en vrou dit besef, sal hulle hard werk om hulle huwelik sterker te maak. Hulle soek nie na maniere om uit die huwelik te kom wanneer dinge moeilik word nie. Hulle liefde is sterk en dit verdwyn nie vinnig nie. Hierdie liefde “verduur alles”. Dit help ons om ons probleme op te los sodat ons geluk en vrede in ons huwelik kan hê. Hier is die groot probleem egter altyd die ou koeie wat uitgegrawe word. Die verlede word altyd weer teruggesleep en dit wat ongese kon gebly het word nou dieper groewe en slote. Partykeer wil ‘n mens net nie ingee en eerder baklei vir die groter doel nie. Hulle sien net hulle self en kyk vas in die eie ek. Dis dan wanneer kinders, familie, vriende en eggenote van mekaar so verstoot word dat die skade amper onherroeplik is. Partykeer staan mens vanuit buite en kyk hoe die hartseer afspeel. Jy sien die seer en weet die liefde wat diep begrawe le. Jy sien die goeie toekoms wat daar kan wees. Jy weet wat vermag kan word. Maar jy weet ook dat sonder God kan niks gebeur nie. Liefde beteken die eie ek is nie meer net ek nie. Dis 2. Dis harte wat deel en ‘n lewe wat saamgesnoer word deur oomblikke. Die gebroke harte is partykeer so stukkend as dit agter bly dat die vlymskerp skywe verewig gewortel bly in die ander se seer. Die spreekwoord van haal die balk eers uit jou eie oog is so bitter moeilik. Maar met God by jou. Met Hom in jou huwelik, jou huis en jou hart kan al die skerwe vervang word. Slegs Hy kan genesing bring.

FB_IMG_1553599885281
Liefde is God se belangrikste eienskap. Die Bybel sê selfs: “God is liefde” (1 Johannes 4:8). Daarom verbaas dit ons nie dat Jehovah ook “die gelukkige God” genoem word nie (1 Timoteus 1:11). Ons sal ook gelukkig wees as ons hard werk om ons Skepper se eienskappe na te volg — veral sy liefde. Efesiërs 5:1, 2 sê: “Word dan navolgers van God, as geliefde kinders, en gaan voort om in liefde te wandel.”
‘Die liefde is geduldig en vriendelik. Dit verdra alles, hoop alles, verduur alles. Die liefde vergaan nooit nie.’ — 1 Korintiërs 13:4-8.
Liefde maak ons gelukkig, want dit help ons om regtig om te gee vir ander en om te kan sterker word.
Dit versterk en beskerm ons huwelik en vriendskappe en help kinders om te floreer en veilig te voel.
Dit belangrikste is dit help ons om soos ons Skepper te wees.

FB_IMG_1552214845863

So baie mense daar buite het seer. So baie weet nie meer waarheen of hoe om die bokant se silwerrand te sien nie. Vir jou wil ek vandag se:
JY IS NIE ALLEEN NIE. JY IS SPESIAAL. JY IS GELIEFD. GOD GEE OM.
Pappa Vader. Daar waar daar vandag stukkende skerwe le tel dit asseblief op. Here help die prentjie van die lewe inkleur met die kleure van liefde en hoop. Here waar seer is gee die pleister vir die wond. Droog die trane af en neem dit op in ‘n emmer. Verander elke traan in ‘n seening en help elke gebroke hart besef dat hulle nie alleen is nie. Ek plaas jou sag in die hand van Pappa Vader. Jy sal nooit daar uitval nie. Hy sal jou beskerm en bewaar. By Hom is jy veilig.

 

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s