Alleen

alleen

Alleen. Sjoe daar is nie ‘n woord wat kan hartseer en vreugde so saamvat nie. Alleen beteken aan die een kant die gevoel van eensaamheid, Niemand is daar om jou dag mee te deel nie. Niemand is daar as jy die opdraendes aandurf nie of die koue storms binnegaan nie. Niemand is die persoon waarna jy in die spieel kyk en wonder wat is sy naam? Dis ‘n seuntjie wat ‘n pad stap. Sy tassie gepak. Hy stap die pad na erens. Hy weet nie waarheen nie maar hy weet erens sal hy uitkom by sy geluk. In die tassie is gepak alles wat vir hom kosbaar is. Herinneringe, foto’s, papiertjies, briefies, soentjies en baie drukkies. Die tassie is by tye swaar soos die alleenheid nader kom maar soos hy terugdink en onthou so word die tassie weer ligter en die pad makliker.

alleen1

Die grootste probleem met alleen wees is dat jy vergeet wie vir jou lief is. Jy is soos ‘n marionette wat dans na ander se pype. Gedagtes is geplaas van betekenloosheid, nikswerd en jy kan in elk geval niks reg doen nie. Woorde van die tong sny partykeer dieper as wat mens besef. ‘n Gekraakte glas breek die maklikste. Dis dan wanneer die gom van liefde en omgee en na mekaar kyk die laste draaglik maak sodat die glas weer volume kan kry.  Die volume hang af van die woorde wat gespreek word en gedagtes wat geplaas word. As dit weer sleg is kraak en breek die glas weer. Hoe breek mens die siklus? Maklk. Jy kyk jouself vierkantig in die oe. Jy sien jouself in die spieel en se: Ek is spesiaal. Ek is fantasies. My naam staan in God se palm geskryf. Hy het my by naam geroep. Ek beteken vir Hom BAIE.

alleen2

Dis die tyd wat die stilte van alleen wees mens weer laat besef wat is kosbaar en wat is belangrik in jou lewe. Dis die tyd wat jy jouself ondersoek en van vooraf die unieke jy weer ken. Dis dan wanneer jy besef wie is vriend en wie is vyand. Wie maak jou glas heel en wie breek die glas keer op keer.

Mens moet dan altyd onthou dat ‘n glas net soveel keer kan breek voordat die nuwe glas uitgehaal moet word. Dit is slegs jy wat die glas kan vervang. Dis slegs jy wat kan bepaal watter tipe kristal glas jy waarlik is.

Jou waarde is miskien versteek. Jou behoeftes nie nou bevredig. Maar as daar een ding is wat ek wel weet is dat die Here altyd vir ‘n mens geleenthede skep om jou terug te bring na Hom en na die pad wat jy veronderstel is om te stap. Onthou sy tyd is nie ons tyd nie en sy pad nie ons pad nie.

Vertrou op jou stuurman. Hy is jou Leidsman, Stuurman en veral jou Pappa Vader. Hy het jou vir so baie gegee en so baie is daar en waardeer elke spesiale deel van jou. Al wat jy moet doen is opkyk. Sy hand vat en die pad stap wat Hy bepaal. Sukses is dan die resep van groot dinge.

ALLEEN UIT GENADE KAN ONS NOG GOD SE KINDERS WEES

GOD SE GENADE MAAK ONS LEWE

  1. VRY
  2. BLY
  3. RYK

Mag die koue van die witsneeu en die sny van die koue wind vir jou die antwoorde bring wat jy nodig het om jou weer te laat glimlag en jou jou waarde te laat besef.

Leave a comment