Immergroen.

‘n Mens se lewe kan maklik uitgebeeld word in die vorm van prentjies.  Vandag kan mens op Google enige iets opsoek en ‘n gepaste prent daarvoor kry. In ons persoonlike lewens neem ons foto’s van al die gebeurtenisse in ons lewens. Van klein tot groot.  Alles word neergeskryf en mamma moet tot die dag wat jy oud is onthou hoe oud was jy toe jy begin loop het, tande kry het en of jy gekruip het of nie. So kry almal van kleins af sy eie identiteit. Jy word gou gekenmerk aan al die klein dingetjies wat jy van baba, peuter, kleuter, tiener en volwassene gedoen het. Die goeie en die stoute. 


Elke mens het sy eie boom wat hy plant. Ons bome het blare, blomme en vrugte. Nes die boom van goed en kwaad kom daar toestande oor ons pad. Ons benodig implimente om deur die probleempies te kom.  Ons moet die grond bemes( die Bybel is ons bemesting) en ons moet die ongediertes uithou (slange ens. wat ons wi lte na kom. Nes Adam en Eva in die tuin moes kies hoe hulle hulle lewens wou lei). 

Soos ons worstel met die keuse van goed en kwaad verkry ons suurstof en kos vanuit moeder aarde. Ons wortels word gevestig in goeie grond. Ons blare word immergroen en dra ons soet vrugte. Dis keuse van ons boom hang egter van ons bemesting af. Wie laat ons toe om aan ons grond te werk? Wie is ons tuinier? Hoe geanker is jou boom se wortels?

Bo al die mooi kom een van die mooiste bome vir oud en jonk, die kersboom. Hy word versier met die mooiste mooi. Van balle tot liggies. Geskenke word gekoop en toegedraai. Dit word sorgvuldig onder die boom geplaas totdat die tyd aanbreek om dit uittedeel. Van oud tot jonk kan die spanning nie weerhou nie. Maar met verloop van tyd word die boom afgeslaan en weggepak. Die mooi word gebêre vir volgende jaar.

So verloop ons lewe dus.  Ons word gebore. Ons inleiding tot ons lewe begin. Ons word geleer van alle mylpale en wat van ons verwag word. Soos ons ouer word word daar al hoe meer verwag en die keuses raak al hoe moeiliker. Jy begin by ‘n plek werk. Ontmoet nuwe mense, ontdek nuwe identiteite. Jy bou alles op van alleenwees tot trou en kinders hê. Dan kom die tyd van aftree en jy kyk terug op wat jy nagelaat het. Wat het jou blare vir die mense om jou beteken? Insette word gelewer oor jou lewe en jou uitkyk. Jy begin met inspeksie oor alles wat jy al gedoen en bereik het. Nêrens was vir jou ‘n direkte handleiding gegee nie. Ons was beinvloed deur dit wat om ons plaasgevind het. Alles het ‘n integrale deel van ons lewe geword. Ons was interaktief in mekaar se groei.

Dis dan wanneer mens te laat besef wat jy wou gedoen het? Ons is so geneig om te sê nie nou nie daar is nie tyd nie, maar wanneer is daar tyd? Nes ‘n boom ‘n planttyd, groeityd en snoeityd het het ons lewens dieselfde koers. Jou instrumente bepaal hoe jou boom gaan voortleef. Maak die verskil terwyl jy kan. Waag liefde, waag geluk, waag die onbekende. Moenie wag vir more nie. Jou groeityd is nie beperk tot jou verloop nie maar tot die van Pappa Vader.

Psalm 112

“Welgeluksalig is die man wat die Here vrees, wat ‘n groot welbehae in sy gebooie het. SY nageslag sal geweldig wees op aarde, die geslag van die opregtes sal geseën word. Oorvloed en rykdom is in sy huis en geregtigheid bestaan tot in ewigheid. Vir die opregtes gaan Hy op as ‘n lig in die duisternis, genadig en barmhartig en regverdig. Gelukkig die man wat hom ontferm en uitleen, wat sy sake volgens reg besorg. Want hy sal nooit wankel nie, die regverdige sal in die ewige  gedagtenis wees. Hy vrees nie vir slegte tyding nie, sy hart is gerus, vol vertroue op die Here. Vas is sy hart, hy vrees nie, totdat hy op sy teestanders neersien. Hy strooi uit, hy gee aan die behoeftigesk sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid, sy horing word verhoog in eer. Die goddelose sien di ten is vererg, hy kners met sy tande en smelt weg, die begeerte van die goddelose mense vergaan.”

Leave a comment