Hou vas aan God

FB_IMG_1552208176857

Dis vreemd hoe die tyd verby gaan sonder dat mens dit besef. Ek sit en scroll deur Facebook en lees al die posts. Ek kyk na die prentjies en lees die geskrifte. Dit laat my dink. Ons almal is opsoek na iets. Opsoek na hoop en kameraadskap. Opsoek na iemand wat luister en soos ons voel.
Ek sien video grepe van besef weereens hoe mense hunker. Hunker na geloof, hoop en liefde. Ek lees ‘n skrifgedeelte in die week wat aan my gestuur is Matthew 25:29-“To those who use well what they are given, even more will be given, and they will have an abundance.” . Die Here gee daagliks vir ons soveel. Hy sorg sonder dat ons hoef te vra vir elke behoefte wat ons het. Ons loop deur die dag en vra en vra en kry sonder dat ons dit regtig besef.

FB_IMG_1552208167737

Ek sien hoe mense vriendskappe en hartseer probeer definieer deur kuiers saam vriende. Ja kuier is goed. As mens gesels is dit so goed soos medisyne maar dit wat partykeer saam gaan doen niks goed nie. Mense veral jongmense gebruik alkohol, dwelms en ander middels om hulle emosies te verstom. Maar help dit regtig. Nee, more is nog ‘n dag wat gevul is met dieselfde probleme as vandag.

FB_IMG_1553599885281
Die Here se praat. Praat met mense en praat met Hom. Le jou probleme by SY voete neer. Vertrou Hom om jou te help en te dra. Die Here hou ons veilig in Sy hand. Kyk na jou hande. Plaas hulle langs mekaar en styf teen mekaar. Vorm dan ‘n bakkie. Dis hoe jy veilig in Sy hande le. Jy kan rol en val. Jy kan opstaan en weer val maar jy sal NOOIT uitval nie. Sy hande hou jou altyd veilig. Dit behoed, bewaar en beskerm jou. Soos Hy is Sy woord se gee Hy aan jou alles wat jy nodig het. As jy dit wys gebruik en Hom aanroep sal jy in oorvloed he.

FB_IMG_1552208129597
Gaan soek net op die regte plek en by die regte mense. Vriende kan jou maak of breek. Vriende is daar en dan is hulle weg. Vriende kan se hulle is jou vriende en dan binne ‘n sekonde verdwyn hulle uit jou lewe omdat hulle iewers anders iets “beters” kon kry. Plaas jou vertroue op God. Kyk op na Hom. Hy het jou naam in Sy hand geskryf en jou by naam genoem nog voor jy gebore is. Hoe wonderlik is dit nie om te weet jy is uniek SYNE nie.

FB_IMG_1552208155433
Geloof is nie maklik nie. Dis nie veronderstel om te wees nie. Geloof is HOOP, LIEFDE en GEBED. Dis ‘n hart wat weet daar is iemand wat altyd daar is. Dag of nag. Elke minuut van elke dag. He is our PROVIDER.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s