Hoekom/Vir altyd

Vanaand sit ek diep en dink. My denke dwaal na al die gebeure van die afgelope tyd en jare.
Ek dink aan my boetie daar ver oor die wêreld se waters en mis hom vreeslik. So in die vreemdes begin mens se toekomsplanne en drome weer voor jou afspeel en mens dink aan al jou ligkastele. As mens klein is dink mens nie aan die goed wat mens nodig het om die droom te bewaarheid nie. Jy leef jou in in elke oomblik.

ON2
Dan dink ek terug na ons buur skool Driehoek en die ouers en gemeenskap wat geruk was en hoe mense van naby en ver saamgestaan het en ‘n skool met sy leerders en ouers en onderwysers opgetel het en elke dag gedra het in hulle gebede. Hoe daar nogsteeds na al die tyd daaglikse gebede is en dan kom hulle leuse op in my kop VOORENTOE. ‘n Groep leerders leer van groot tot klein weer om op hulle kniee te gaan en dankbaar te wees. Hulle wys ons weereens dat ons geloof soos die van ‘n kind moet wees. Hulle wys ons dat met deursetting en volharding mens weer bo kan uitkom en al jou vrese kan oorwin.
My gedagtes dwaal na my dierbare vriendin. Haar seun is 11 en het erg gelei aan epilepsie. Hy het in 2013 ‘n brein operasie gehad en vir die afgelope 5 jaar geen aanvalle gehad nie en was ‘n gelukkige seun. Tot vanmiddag. Uit die bloute kry hy weer ‘n aanval. Ouers sit met die vraag van hoekom nou? Hoekom weer? Wat gaan aan? Mens probeer sterk staan maar wat sê jy? Hoe bemoedig ‘n mens?

maxresdefault
Die storie Vir Altyd wys op kanaal 144. Ek kyk na elke karakter se storie. ‘n Jong meisie se droom troue wat verander in ware liefde, ‘n egpaar se liefde wat getoets word deur die groot woord kanker. Ek sien 2 mense wat lief is vir mekaar maar iewers langs die pad hulle passie vir mekaar verloor het en besef dat al die gebeure gebaseer is op geloof, hoop en liefde.
Die woord hoekom word soveel keer ‘n dag gebruik. Vir party mense bring dit antwoorde op vrae, vir ander bring dit ‘n beter uitkyk op hulle toekoms. Dit veroorsaak partykeer vrees binne ons. Die tipe vrees wat jou bors toe druk en jou laat smag na asem. Die tipe vrees wat jou 2 nee 3 maal laat dink om ‘n besluit te neem wat jy reeds weet reg is. Die tipe wat jou hart vinniger laat klop en jou laat besef alles in die lewe is kosbaar.
Die titel Vir Altyd het die versteekte woord hoekom maar ook die belangrikste woorde in vasgesluit, GELOOF, HOOF EN LIEFDE. Die wete dat al is jy nie in beheer nie is God in beheer van elke oomblik en dat jou lewenspaadjie reeds deur Hom beplan is. Al wat ons kan doen is SY roete kaart volg in die wete dat Hy is God, Groot en Almagtig.
Verander jou hoekom in ‘n vir altyd.

foute 2

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s