My padkaart: Tyd

Vrydag word ‘n gemeenskap geruk deur ‘n tragedie. ‘n Loopbrug val en kinders word beseer. Dadelik stroom hulp in. Water word afgelewer. Mans kom in hulle hordes met toerusting en krag. Ouers is in trane en die vrees van koue klou aan hulle oor die vrees van hulle kinders. Kinders staan verwilderd en geskok. Waar is my maatjie? Wat gaan aan?

imagesWW8Q318X

Hulle help en word in die gesig gestaar met prentjies waaraan geen kind ooit blootgestel moet word nie maar daar is nie ‘n keuse nie. Hulle moet help. Die impak word gevoel deur elke inwoner en die dag se dagtaak al hoe moeiliker want jou gedagtes bly dwaal na die ouers, die kinders, die onderwysers. Dan kom die vraag: HOEKOM?

imagesL24P3GHF

Die antwoord is nog onbekend maar as daar een ding is wat ons verseker weet is dat ‘n gemeenskap soos Vanderbijlpark in die oogwink van ‘n sekonde kan saamstaan en nogsteed saamstaan.

imagesRRE9MAP6
Paulus beveel ons in die Woord om mekaar te bemoedig omdat bemoediging die brandstof is wat ons gees nodig het om aan te hou om die goeie werke te doen waarvoor God ons voorberei het. Bemoediging is selfs nog nodiger in die hedendaagse samelewing waar pessimisme en slegte nuus hoogty vier.

imagesB2FX4RUP
’n Bemoedigende woord van ’n vreemdeling of leerders of maatjie kan die dag se ondraaglike seer red. Ons moet nooit ooit die krag van bemoediging onderskat nie.

hoop1
Die krag van woorde en dade moet nooit onderskat word nie. ‘n Drukkie, ‘n hand op ‘n skouer, ‘n pa wat met trots verkondig dat sy seun wat ‘n held is by God is en dat ons moet leer om saam te staan. Bemoediging begin by jouself. Dit kom uit die hart.

hoop4
“Woorde op die regte tyd gesê, is soos goue appels in ’n silwer houer.” Spr 25:11.
‘n Mens kan nooit die dag se gebeure wegvat nie. Die gesiene kan nie ongesiend gaan nie en die herinneringe sal vir altyd by mens spook. Maar een ding weet ek verseker. SAAM KAN ONS ‘N VERSKIL MAAK, VAN GROOT TOT KLEIN.

hoop3
God gee vertroosing op Sy tyd want Sy tyd is nie ons tyd nie. Die toekoms is onbekend maar een ding is verseker. Ons is nie alleen nie.
Rig jou oe op na bo en daar sal jy jou hulp, vertroosing en bemoediging kry.

hoop2

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s