OM DAAR TE KOM

Ek loop al ‘n hele ruk met ‘n boodskap binne my maar kon nog nie die regte woorde kry nie. My “pad” was nog nie bepaal en die rigting nog vreemd.
Vandag jy die dag gebore word en die eerste gil gee is jou pad bepaal. Eintlik is dit al bepaal voordat jy bestaan het. God het jou naam geken voor jy ontstaan het. Die hele lewe bestaan uit ‘n roete kaart. Die begin punt en eindpunt is nie vir ons beskore om te besluit nie.

road3
“As God werk het wat ek moet doen, kan ek nie sterf nie.” – Henry Martyn
Soos mens groot word is besluite maklik. Daar is ouers wat jou lei en jou wys watter pad die regte pad is. Ongelukkig is die pad ‘n kort een wat slegs 18 jaar duur. Die res van jou lewe word deur jouself bepaal. En watter steilte kan dit wees. Daar is opdraendes en afdraendes. Die bekende en die onbekende.
“Toe sien ek dat almal aanstap totdat julle aan die voet van die heuwel genaamd Moeite kom. Aan die voet van die heuwel was ‘n fontein, en by daardie plek ook twee ander voetpaaie behalwe die een wat reguit van die nou poort af gekom het. Aan die voet van die heuwel het die een voetpad links en die ander een regs gedraai, maar die smal voetpad het reg teen die heuwel uitgelei, en die naam van die pad wat teen die heuwel uitlei, word Moeite genoem.” – Steve Farrar

imagesfnv8772i
Die pad is nie altyd maklik nie. Mens maak besluite vir die beste toekoms moontlik. Die besluite is nie altyd maklik nie. Dit is lewensveranderd en bitter moeilik. Ek dink byvoorbeeld aan ‘n brawe voorbeeld van my broer en skoonsuster. Hulle het die kans gewaag en die vreemdes ingegaan opsoek na ‘n beter toekoms. Daar was hol kolle, bitter baie trane met tonne hartseer. Maar een ding wat ek weet is dat hulle nou baie baie gelukkig is. Die vreemde was toe die beste besluit.

road2
“Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die Here!” – Psalm 27:14
Ons is egter te ongeduldig met die “wag” gedeelte. Ons soek dit nou en antwoorde op vrae kan nie later kom nie. Die onbekende mag nie onbekend bly nie. “En nou, wat verwag ek, o Here? My hoop is op U” – Psalm 39:8.

imagesi9mpzly2
Daar is so baie onsekerhede elke dag. Mens wonder wat gaan by die werk gebeur? Mens wonder wie gaan jou in die rug steek? Wie gaan jou bystaan en wie gaan jou gooi vir die krokedille.
Nou sit ek voor ‘n kruispad. Volg ek my droom of volg ek ‘n beter toekoms. Kyk ek na die opdraende van onsekerheid en weet dat alles met die hulp van Bo geseend gaan wees of klou ek aan die hede waar alles net op slegte dinge uitloop? Wat word van my kinders en hoe lyk hulle toekoms? Na wie luister jy?

imageshktvg4hg
Dan kom ek op die teksvers af: “Aan Hom wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle onbevlek en met vreugde sy heerlikheid te laat aanskou, aan die enigste God, ons Verlosser deur Jesus Christus ons Here, aan Hom behoort die heerlikheid en die majesteit, die krag en die mag, van alle ewigheid af, ook nou en tot in alle ewigheid! Amen” – Judas 24
Dan weet ek. My pad is bepaal. My boodskap is maklik. Glo en staan vas in jou fondasie.
Aan my boetie, dinge het ‘n tyd en pad. Jy was die baanbreker en sal die hoogste hoog bereik. Aan my skoonsussie, al lyk dit nou donker is jou geloof sterk. Hou vas daaraan en weet God gaan die uitweg gee op Sy tyd.

imagesDAW8Z74M
Aan al my vriende wat wonder of die son weer gaan skyn, kyk op. Die Here is groot en almagtig. Hy stuur mense op jou pad wat jou op die regte tyd en met die regte woorde te dra. Jy stap nooit die pad alleen nie. Hy dra jou as jy moeg is en bewaar jou teen die bose. Al wat Hy van ons vra is GELOOF.
Trek jou wapenrusting aan. Vat jou GPS(bybel) en begin jou roete. Al is die paaie vol kronkels en die potholes vrek diep(plant ‘n boom van lewe) sal jy aan die anderkant uitkom. Hoe weet jy dit? ‘n Pad het altyd ‘n begin en ‘n einde. Elke boek het ‘n inleiding en ‘n slot. Elke storie het sy eie les.

imagesshm1xf7k
Maak jou oe toe. Raak rustig voor Hom en weet Hy luister.
Pappa Vader ek bid die volgende gebed aan U. Here ek dra elke persoon wat hierdie boodskap lees aan U op. Here ek le hulle voor U voete neer. Here waar daar seer is bring genesing. Waar daar trane is, vang dit op en verander dit in blessings. Waar daar moedeloosheid is, wys lig. Here as hulle hulle wapenrusting aantrek versterk dit met nog meer van U ongelooflike krag. Here vul hulle met U liefde en U beskerming. Laat hulle altyd weet U is naby. Here omvou hulle met goedheid en guns. Seen hulle. Here ek bid die bloed van U seun oor elkeen en dat U hulle sal behoed en bewaar. Maak die opdraendes gelyke paaie. Ek vra dit alles in U groot en almagtige naam. Amen.
Geseend is elkeen wat vas staan in Sy naam.

 

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s